Verswakte versorging en Kliniek

Golden Harvest is bevoorreg om hierdie fasiliteit tot die inwoners se beskikking te hê wat as ʼn afsonderlike entiteit bedryf word. Ons bekwame goed opgeleide susters en versorgers verleen professionele diens aan ons inwoners. Ons het enkel en dubbel kamers waarvan party ensuite badkamers het. Daar is ook ʼn hoë sorg saal. Die kamers kyk uit op die mooi tuine rondom die kompleks. Die kliniek kan 35 inwoners huisves insluitend 5 in hoë sorg. Voorkeur word aan Golden Harvest inwoners gegee vir tydelike of permanente inwoning maar buitestaanders word ook toegelaat. 

Die fisiese, psigiese en geestelike welstand van die inwoners is van die grootste belang vir ons. Die kliniek is die inwoners se tuiste en hulle word aangemoedig om gedurende die dag familie en vriende te ontvang in hulle kamers of in die gemeenskaplike areas.

Ons bied ook ʼn diens aan inwoners om in die kliniek te kom herstel na ʼn operasie of ernstige siekte. Daar is ook sewe kleiner eenhede waar inwoners meer onafhanklik kan lewe maar tog gebruik maak van etes en ander versorgings dienste van die kliniek.

Ander Gesondheids dienste

  • Nood hulp diens is beskikbaar 24/7 vir alle inwoners van Golden Harvest.
  • Ons is binne maklik bereikbare afstand hospitale soos Pinehaven Hospitaal naby  Cradlestone Mall, Krugersdorp Privaat Hospitaal en  Sir Albert Medical Centre in Randfontein.
  • Twee plaaslike Apteke is geleë in Magaliesburg, waarvan medisyne verskaf word.
  • Krukke, lopers, rolstoele, ens is beskikbaar teen ʼn nominale bedrag.
  • Golden Harvest het ʼn mediese dokter wat ons soggens vroeg besoek Maandag tot Donderdag en ook op noodroep is 24/7.
  • In die geval van nood kan u die paniek knoppie druk en hulp sal opdaag.