Golden Harvest Sport & Aktiwiteite

Golf

Vir die ervare ernstige spelers is klub dae Woensdae en Saterdae oggende waar almal saamkom om 18 putjies te speel, of is dit 19. Die sosiale spelers kom Maandae en Donderdae oggende bymekaar vir 9 gaatjies en ook vir gaatjie 19. Daar is ook gereelde kompetisies en kampioenskappe. Aan die einde van die jaar het ons ʼn prysuitdeling en ete om die jaar te vier. Die baan is altyd oop vir inwoners wat alleen wil speel en natuurlik as die kinders en kleinkinders kom kuier word dit ʼn spesiale geleentheid. Verbeel jou jy slaan die volmaakte geluk hou op 70.

Rolbal

Golden Harvest het ʼn pragtige rolbalbaan wat in ʼn puik toestand gehou word. Klublede kom Dinsdae en Saterdae byeen vir ʼn dag van sport en sosiale interaksie met ʼn braai en ʼn glasie iets. Daar word natuurlik kompetisies gehou en jy kan vereer word as die speler van die jaar. Vir diegene wat net wil saamspeel word daar Vrydag middag potjie gespeel net vir die pret voor ʼn lekker kuiertjie in die klubhuis.

Croquet

Hierdie besondere spel word deur ʼn groep ywerige inwoners gespeel onder pragtige skaduryke bome. Die spelers kom op Dinsdae en Saterdae oggende byeen en hier word nog tee gedrink as lafenis. Alhoewel dit nie ʼn vermoeiende spel is nie, is dit hoogs kompeterend.

Swem

Ons groot swembad bied lafenis aan almal op warm dae, en word ook gebruik om oefening te doen in die water. Die swembad is natuurlik ook populêr vir die kleinkinders as hulle kom kuier en ons verwelkom die kinder stemmetjies. Langs die swembad kan jy op ʼn groot skaakbord skaak speel saam met ʼn ou vriend of twee.

Wandel en fietsry

Om daagliks te stap is vir baie inwoners ʼn belangrike deel van hul dag. Daar nie ʼn veiliger pragtige blom en boomryke omgewing as om deur die oord te stap nie. Langs die pad is daar natuurlik ook tyd om ʼn kort geselsie aan te knoop met ʼn vriend of vriendin. Vir die wat ernstig is oor stap en fietsry is daar onbeperkte paaie waar jy tussen wildsbokke die oop ruimtes kan geniet en die natuurlewe ervaar. Van ons inwoners ry gereeld sowat 11 km met hulle bergfietse binne die oord.

Haarkapper

Vir ons eie gerief het ons ʼn haarkapster op die perseel waar jy na jou hare en naels kan laat omsien sonder om die oord te verlaat.

Biblioteek

Ons het ʼn volledig toegeruste biblioteek waar jy ten enige tyd boeke kan uitneem of selfs rustig gaan sit en legkaart bou.

Oornag Akkomodasie

Indien vriende of familie kom kuier en jy nie slaapplek het nie is hulle welkom om in die gastehuis te oornag teen ʼn baie billike tarief.

Golden Harvest Aktiwiteite

Kuns Klasse

Skaak

Golf

Swem

Snooker

Yoga

Tafel tennis

Golden Harvest Dienste

Bus Diens

Dokter

Verpleeg Suster

DSTV Pakket

DVD

Fotostaat diens

Posdiens

SARS Diens

Notary Public