Golden Harvest

Welkom by Golden Harvest

WIE IS ONS

Die aftree oord is sowat dertig jaar gelede ontwikkel in die rustige landelike omgewing van Magaliesburg. Hierdie oord is geleë naby die Cradlestone natuur reservaat en kyk uit op die Magaliesberge. Golden Harvest is ideaal vir persone oor 55 wat steeds ʼn aktiewe lewenstyl in ʼn plattelandse omgewing wil geniet. Die oord spog met ʼn gholfbaan, rolbalbaan, croquet baan swembad en vele ander fasiliteite vir aktiewe inwoners. Troppe Springbokke en Blesbokke wei vrylik deur die oord. ʼn Verskeidenheid wilds lewe is hier te vinde soos muis hondjies Grond eekhorings hase en ʼn groot aantal pragtige voëls. Jy mag dalk gelukkig wees om Aasvoëls, Valke, Naguile en Duikers te sien.

LEEFSTYL

Alhoewel ons in die platteland woon. is ons naby Cradlestone Mall en Key West in Krugersdorp. Inwoners kan daagliks gebruik maak van ons busdiens om Magaliesburg te besoek of op ʼn Dinsdag na die groot inkopiesentrums te gaan. Vir die ander dag tot dag inkopies het ons selfs ʼn winkel op die perseel.
Ons kombuis verskaf daagliks etes wat in die eetsaal of tuis genuttig kan word. Vir die wat die Magalies Meander wil verken is daar baie kuierplekke binne maklike bereik. Die Hartebeespoort dam is naby genoeg vir ʼn kort uitstappie

SEKURITEIT

Ons veiligheid is ons prioriteit en daarom het ons een ingang wat 24/7 deur ʼn wag bewaak word. Alle toegang tot die oord word streng beheer en gemonitor. Ons grensdrade word snags deur wagte met honde gepatrolleer en verskeie alarm sensors en kameras maak deel uit van ons beskerming.
Elke inwoner word voorsien van ʼn paniek knoppie wat verbind is met die kontrolekamer ingeval van nood of hulp.

Versorgingseenheid

Golden Harvest is bevoorreg om ʼn uitgebreide versorgings eenheid te hê met opgeleide susters, verpleegsters en versorgers. Die Kliniek bied ʼn 24 uur nooddiens aan die inwoners en selfs tuis besoeke. ʼn Mediese dokter is Maandag tot Donderdag vroeg oggend beskikbaar vir konsultasies.

Eenhede

Ons aantreklike wooneenhede van lae onderhoud siersteen huise met pragtige heininglose tuine is te koop onder ʼn aandeelblok skema.

Daar is ʼn keuse van drie ontwerpe vanaf een slaapkamer tot twee slaapkamer luukse eenhede wat aan u behoefte kan voldoen.

Golden Harvest Getuigskrif

As jy gereed is vir n nuwe fase in jou lewe is Golden Harvest dalk die plek vir jou. .
Andre Coetzer
Afgetrede Loots