Golden Harvest Dienste

Sekuriteit

Sekuriteit is ons grootste prioriteit by Golden Harvest. Ons maak gebruik van n plaaslike sekuriteit maatskappy wat altyd gereed staan om op enige situasie te reageer. Ons toegangshek word 24 uur ʼn dag beman deur ʼn wag wat alle toegang beheer en met geslote televisie monitor.

Ons grensdrade word deur middel van sensors gemonitor en snags is daar wagte met honde wat die patrolleer.
Alle inwoners word voorsien van ʼn noodknoppie wat indien geaktiveer word die kontrolekamer in kennis stel vir hulp en bystand.

Oornag akkomodasie

Twee ruim dubbel kamers met hulle eie badkamers is beskikbaar vir oornag gaste, indien u nie plek het vir kuiergaste in u huis nie. Beddegoed, linne, handdoeke, koffie en tee word verskaf en etes kan verkry word vanaf die eetsaal. 

Mini Mark

Ons het ʼn winkel wat deur ons dames bestuur word en die wins aanwend tot voordeel van die versorgings eenheid. ʼn Verskeidenheid vars produkte en kruideniersware is hier beskikbaar tot voordeel en gerief van die inwoners en werkers.

Kapel

Ons pragtige kapel verskaf aan ons inwoners ʼn plek vir aanbidding. Alle dominasies deel hierdie fasiliteit op ʼn rotasie basis, besoekende leraars hou ook kerkdienste hier.

Tuin van Herinneringe

Langs die kapel is ʼn tuin van herinneringe waar ons eerbied kan betoon aan geliefdes en vriende wat nie meer met ons is nie.

Bussie

Gedurende die week is daar ʼn bussie wat daagliks na Magaliesburg gaan. Magaliesburg het supermarkte, apteke, koöperasie, hardeware winkel en ander winkels wat aan ons behoeftes voorsien.

Dinsdae neem ons bus inwoners na die groter sentrums in Krugersdorp en Cradlestone mall.

DSTV Pakket

Gedurende die week is daar ʼn bussie wat daagliks na Magaliesburg gaan. Magaliesburg het supermarkte, apteke, koöperasie, hardeware winkel en ander winkels wat aan ons behoeftes voorsien. Dinsdae neem ons bus inwoners na die groter sentrums in Krugersdorp en Cradlestone mall.

Internet

Daar is ‘n Vodacom toring op die perseel wat ʼn betroubare internet en foon verbinding verseker.

Boorgat water

Golden Harvest is bevoorreg om ons eie water te hê. Daar is verskeie boorgate wat die oord van die skoonste vars water voorsien. Die water word gereeld weggestuur om getoets te word.