DIE OORD

Golden Harvest is ʼn aftreeoord  met 139 pragtig ontwerpte siersteen huise geleë in ʼn skilderagtige omgewing op 94 hektaar grond.

Daar is drie tipes wooneenhede om van te kies.

Luukse twee slaapkamer huis

Twee slaapkamers, twee badkamers (hoof ensuite), studeerkamer (of derde slaapkamer), kombuis met aparte opwas kamer, oopplan sitkamer eetkamer, stoep met eie tuin, 

Daar is ʼn dubbel motorhuis onder dieselfde dak met toegang na die kombuis.

Area: 124m2.

Aan van die eenhede is  reeds veranderinge en verbeteringe aangebring , soos sonkamers en stoepe.

Sulke eenhede is dus groter en mag verskil in prys. 

Standaard twee slaapkamer huis

Twee slaapkamers, twee badkamers, (hoof  ensuite), kombuis, oopplan sitkamer eetkamer opwaskamer, stoep en eie tuin.

Enkel motorhuis met toegang na die kombuis. Area: 97m2.

Baie van die huise is reeds verander en ‘n son kamer is aangebou.

Die verbeteringe beinvloed die prys van die huise.  

Standaard een slaapkamer huis

Een slaapkamer met ensuite badkamer, oopplan sitkamer eetkamer, kombuis en stoep.


Area: 59m2.

Let wel daar is slegs sewe van die eenhede.

Aankoop van Eenhede

Die huise kan gekoop word volgens aandeelblok skema wat beteken dat Golden Harvest besit word deur die aandeelhouers, die eienaars van die huise. Die prys van die huis sluit 6% fooi in betaalbaar deur die verkoper en 1% betaalbaar deur die koper.

Om te kwalifiseer om ‘n eenhoud te koop moet die koper oor 55 jaar oud wees en goeie gesondheid geniet. Vir n’ minimale fooi kan jy jou naam op n waglys plaas en indien daar n eenheid beskikbaar is sal jy gekontak word om die eenheid te besigtig.

Eenhede kan slegs besigtig word indien u ‘n afspraak maak.

Levies

Een van die doelwitte van  Golden Harvest is om ‘n bekostigbare lewens wyse te handhaaf. Daar word jaarliks ‘n begroting aan die inwoners voorgehou waartydens die finansiele verpligtinge voorgele word, en sluit die volgende in: 

  • Algemene onderhoud van die oord.
  • Water, elektrisiteit, riool en vullis verwydering.
  • Elktrisiteit word gemeet en maandeliks deel is van u rekening.
  • Bus vervoer na  Magaliesburg en plaaslike Malls.
  • Tuindienste, grassny en vullis verwydering.
  • 24 uur sekuriteit.
  • 24 uur nood bystand.
  • Onderhoud aan huise en geboue.
  • Onderhoud aan die infrastruktuur, sport fasiliteite ens.

 

Die oord het n privaat posbus waarheen u pos gestuur word. Inwoners het n posbus in die admin gebou vanwaar u korrespondensie ontvang.

Administrasie

Golden Harvest is maatskappy sonder winsbejag met twee vlakke van bestuur.

  • Die raad van direkteure wat aandeelhours is, word jaarliks deur die lede verkies tydens die jaarvergadering. Die direkteure het verskillende agtergronde en vaardighede wat hulle aanwend tot die voordeel van die oord.
  • ‘n Diverse groep werknemers wat gelei word deur ‘n algemene bestuurder sorg vir die dag tot dag bestuur en onderhoud van die oord.